Dove se advertensie

0
41
artice2.png

Die Dove maatskappy in Amerika het tans ‘n baie interessante advertensie wat op TV vertoon word: ‘n Klompie vroue word gevra om hulself vir ‘n kunstenaar te beskryf sodat hy hulle kan teken. Die kunstenaar kan egter nie die vroue sien nie, maar teken hulle dan op grond van hul eie beskrywing. Hy vra hulle byvoorbeeld om hom te vertel hoe hulle hare lyk, of hulle ken, ensovoorts. Die vroue belig dan baie negatiewe kenmerke van hulleself – soos hulle natuurlik hulself sien. Hulle sal byvoorbeeld dinge sê soos “my ken is baie prominent”, of “my gesig is vet”, of “ek het te veel sproete”. Daarna word vreemdelinge gevra om dieselfde vroue vir dieselfde kunstenaar te beskryf. Op die ou einde is die prente wat geteken word op grond van vreemdelinge se beskrywings van die vroue veel meer vleiend as die prente wat geskilder is op grond van die vroue se eie beskrywings. Dove se boodskap op die einde is dan: “You are more beautiful than you think.”

Om een of ander rede is ons maklik geneig om onsself te geringskat. Weet jy hoe waardevol is jy in God se oë. In Sag 2:8 sê God oor sy kinders: “Wie aan julle vat, vat aan my oogappel.” Elkeen van ons is baie kosbaar vir God! Kyk vir ʼn slag deur God se oë na jouself!