Durf ek werk?

254

Skuldgevoelens word ’n refleksreaksie. Dis asof dit mammas laat ‘bond’ – om minder alleen te voel – maar dit kan jou aftrek as jy nie paraat is nie.

Hier is hoe ek #MOMGUILT kon oorkom:

’n Kopskuif het gemaak dat ek aanvaar ek is waar ek moet wees.

Vertroue in my ingeboude (moeders) instink deur nie verskoning vir keuses te maak nie. (Jy ken jou kind die beste!)

Ek doen daagliks iets om te ontlaai of om die dag te begin. (Kry vir jou ʼn uitlaatklep.)

Ons maak tyd vir ‘date nights’. (Kom by mekaar se harte uit.)

Ons fokus op spesiale tyd saam met die kleintjies. (Vra dalk vir hulle wat hulle wil doen?)

Hierdie is praktiese riglyne – moenie alles op een slag probeer nie.

Dit verg wel spanwerk, maar die resultate is potensieel wonderlik.

Suzanne Smit, Die Naguilklub