e-Funksies

e-Funksies

6 Junie

Finesse en Finbond se Vroue wat Glo-retreat kom vir die eerste keer ooit na jou toe! ‘n Twee uur lange E-RETREAT met die tema Vry, vrolik en bly! Kyk aanlyn op Saterdag, 6 Junie wanneer ons by geloofsvroue soos Liesel Krause-Wiid, Lindie Strydom, Lynette Beer en ander gaan leer hoe om hoopvol te bly, selfs al kan jy nie oor jou omstandighede juig nie.

24 Junie

Finesse en Laeveld Agrochem se MansGenoeg! manne-aand kom vir die eerste keer ooit landswyd na mans toe! ’n Twee uur lange AANLYN manne-aand met die tema Man na God se hart. Kyk aanlyn op Woensdag, 24 Junie wanneer mans (én seuns) by mentors soos Frank Rautenbach, Jannie Putter, Wouter Snyman en Dewald Gouws gaan leer hoe om godvresende mans te wees by die huis, by die kerk, by die werk en in die gemeenskap.