Early B: Wat ek geleer het…

EarlyB
EarlyB

OM SUKSESVOL TE WEES…
kos baie harde werk en nooit opgee nie. Soms moet jy slaap prysgee, net solank jy nie ophou druk vir dit wat jy soek nie. Keep pushing!

AS MENSE MY OORDEEL…
blok ek dit dadelik uit, veral as dit negatief is. Mense skrik as hulle sien hoe kort ek is, maar ek is gemaklik met myself.

IN DIE VERMAAKLIKHEIDSBEDRYF…
wil ek altyd “in” bly, maar ons moet dit gebruik om mense te beïnvloed en die wêreld ’n beter plek te maak deur die kunste.

OOR GELD WAT…
nooit die belangrikste ding is nie. Dit kom en gaan. Hou aan werk en moet dit nooit jou doelwit maak nie.

ELKE DAG SE TREE…
is net so belangrik soos die groter prentjie. Maak elke dag ’n stap in die regte rigting. Dis nodig om die groot droom te bereik.

’N TERUGSLAG GEE ’N OPSIE…
om beter te wees die volgende keer. Deal daarmee, maar maak gereed om weer op te staan en terug te baklei. My pa se raad!

WAARDEER JOU FAMILIE…
want hulle is die heel belangrikste. Daar’s geen judgement nie. Hulle is my ruggraat, wat al my foute ken. Hulle dra my.

IN MOEILIKE TYE…
is my uithouvermoë my grootste ding. Dis wat my gehelp het uit die donkerte, toe ek wou opgee. Noudat ek terugkyk, sien ek dit!