Eerlikheid is ‘n skaars kommoditeit

0
527

Die Australiese krieketspan is Saterdag uitgevang dat hulle met die bal peuter – dit blykbaar nogal met die volle wete van die leierskap, volgens berigte!

Sedertdien is twee krieketspelers geskors. Ons praat nie hier van oneerlikheid wat “per ongeluk” gepleeg is nie. Dit is blatante oneerlikheid wat met ‘n vaste voorneme gepleeg is, en dit maak dit soveel erger. Dit mag dalk belangrik wees om te wen, maar wat help dit ‘n mens wen deur oneerlik te wees.  Eerlikheid is in ons dae so ‘n skaars kommoditeit.

Ja, dit is waar dat eerlikheid nie altyd tot rykdom lei nie. Maar geen eerlike mens het nog ooit berou gehad oor sy eerlikheid nie.

Thomas Jefferson het gesê: “Eerlikheid vul die hele eerste hoofstuk van die handboek van lewenswysheid.”

En Spreuke 2:7 sê: “Wie reg doen, en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed.

Wees altyd eerlik, selfs al sien niemand jou nie!