Ek en my deurmekaar nessie

285

“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!”
Spreuke 31:29

My kamer is 90% van die tyd ’n mess, en dit maak my ma mal. (Ek is nie ’n Spreuke-vrou nie!) Maar waar trek ek die lyn tussen snoesige nessie (vir my) en varkhok (vir ander)?

Jou kamer lyk deurmekaar vir ander, maar vir jou pretty georden. As iemand my vra waar iets in my kamer is, sal ek – al lyk dit hóé chaoties – vir hulle presies kan sê dis in die kassie se hoeveelste laaitjie en onder die … Ek is oukei, want ek weet wat aangaan. Maar soms soek iemand iets en kry dit nie omdat hulle nie verby my goed kan sien nie.

Die probleem met so ’n deurmekaar kamer kom wanneer dit mense se tyd mors. Daar is nog ’n probleem. Ek heg te veel sentimentele waarde aan goed, sodat ek niks kan weggooi nie.

Soms moet jy net jou oë toeknyp en die delete-knoppie op jou selfoon druk, so ook met clutter in jou kamer. Jy sal verbaas wees hoeveel verligting dit bring! Kry al die goed wat jy langer as ’n maand terug gebruik het, en gee dit weg. Hou saam met jou ma ’n declutter-partytjie … vele hande, ligte werk! So kry jy ook ruimte vir ’n blaaskans.

Melinda Bam
Vorige artikelOorsensitiwiteit of allergie?
Volgende artikelAs my vriende onwelkom is