Wees dankbaar

909
wees dankbaar

Ons moes almal al teleurstellings en onregverdige situasies hanteer.

Die uitdaging is om te keer dat bitterheid in ons hart kom nesmaak deur te fokus op dit wat goed is in ons lewe.

Studies het bewys dat tevredenheid met wat ons het, direk verband hou met ons welstand. Die programmering van die brein kan mettertyd verander word deur dankbaarheid te beoefen.

Hierdie gesindheid kan, net soos enige ander vaardigheid, aangeleer word.

Daar sal altyd mense wees wat kla. Die lewe is dalk nie perfek nie, maar ons elkeen het baie om te waardeer.

Kies vandag doelbewus om met vergenoegdheid te leef. Maak dit ’n gewoonte om gereeld dankie te sê vir al jou seëninge.

As jy jou tyd en aandag eerder bestee aan dit wat jy het, sal jy altyd meer hê.

Kliek op voelgoed.co.za/3-minuteselfhelp vir Lynette se video-reeks.

Lynette Beer, motiveringspreker

Vorige artikelJou innerlike is belangriker as jou uiterlike
Volgende artikel[VIDEO] Om dankbaar te wees vir wat jy het [Reeks 1 Nommer 4]