eet minder met sojabone

0
19

is uitstekend vir eetlusbeheer omdat dit triptofaan bevat. Triptofaan word omgeskakel in serotonien sodra dit in die brein opgeneem word. En serotonien sorg dat jy versadig voel. Dis ook baie beter om triptofaan eerder in die natuurlike vorm in te neem aangesien dit in pilvorm nie so effektief opgeneem word in die liggaam nie.
Verder hou sojabone jou langer versadig omdat slegs ’n halwe koppie ongeveer dieselfde hoeveelheid vesel as vier snye volgraanbrood bevat. Die vesel in sojabone vertraag vertering en sorg dat suiker stadig in jou bloedstroom vrygestel word. Dus bly die hongerpyne langer weg.
“Week dit in water, rooster dit in die oond teen ’n hoë temperatuur met groentesout en eet dit soos neute. Dis heerlik,” sê dieetkundige Andrea du Plessis