Eet reg al moet jy lang pad ry

0
51
Nadia_Beukes.jpg

Dis amper vakansie en die kilo’s tel op met die ver ry (nie net op jou kar nie). Eet só reg op die lang pad.

Boer soek ’n vrou-aanbieder, Nadia Beukes, sê reg eet op die lang pad is ’n besondere uitdaging. Sy vertel wat sy geleer het om in die toekoms “ligter” te reis.

Eet as jy honger is, nie as jy verveeld is nie

Om ure lank in die bakkie te sit kan maar vervelig raak. Soms is daar nie veel meer om te doen as om by die venster uit te staar en te peusel nie. Ek eet dikwels agter die lekker aan en soms net uit verveeldheid. As die lus vir ’n knibbel my tref, sluk ek eers ’n bietjie water en luister na ’n oudioboek om my aandag af te lei. Soms is dit makliker gesê as gedaan. As ek ’n lang pad gaan ry, vermy ek versoekings deur eerder biltong, neute, vrugte en water in te pak as skyfies, sjokolade en gaskoeldrank. Suikervrye kougom help om my kakebeen in die Boerbakkie besig te hou sonder om ekstra bagasie op my heupe te laai.

Kies kos in sy natuurlikste vorm

Teen die tyd dat ons by ’n vulstasie stop vir middagete, is ek behoorlik honger. Die spyskaart by die kitskosrestaurante is egter nie altyd van die gesondste nie. Selfs al is daar nie juis gesonde keuses by die meeste plekke op die pad beskikbaar nie, is daar altyd beter of slegter keuses. Onthou, hoe meer verfyn die kos is, hoe minder is die voedingswaarde. Ek kies bruinbrood bo witbrood en bestel slaai eerder as skyfies as bykos. Die meeste kettingrestaurante het darem ’n hoenderslaai op die spyskaart. Op die lange duur maak klein aanpassings in jou leefstyl ’n groot verandering in jou lewensgehalte.

Kruietee hou my op die regte pad

Wanneer ek so lank reis, is daar nie veel van ’n roetine nie. Op die platteland staan die mense ook baie vroeg op. As ek sesuur al geëet het, is ek teen elfuur weer honger. Dit help egter as ek iets van die huis af het om my op die regte pad te hou. Ek reis nie sonder my Herbex-verslankingstee nie. Dit gee my metabolisme ’n hupstootjie en smaak heerlik. Boonop is dit goed vir my gemoed om my dag met ’n koppie kruietee te begin en af te sluit.

Beplan en bestel vooruit met ontbyt

Ons bly in die lieflikste gastehuise en die eienaars haal behoorlik uit met ontbyt. Ek plaas vroegtydig my bestelling om te keer dat die versoekings by die buffettafel te veel raak. Die meeste gastehuise het ’n standaardontbytkeuse en dit is nogal moeilik om die geur van roosterbrood en spek te weerstaan. Ek probeer maar hou by hawermout met kaneel, heuning en ’n piesang of ’n gekookte eier en vrugte. Dis ’n lekker ontbyt wat my versadig hou en my energie gee.