Eet slange in die Kerk

0
15

Daar was hierdie week ʼn berig in die koerant oor ʼn kerk in Soshanguve met die naam End Times Disciples Ministries. Die pastoor van hierdie kerk laat sy gemeentelede glo slange eet en vertel dat dit soos Chomp-stafies smaak.

Daar was hierdie week ‘n berig in die koerant oor ‘n kerk in Soshanguve met die naam End Times Disciples Ministries.

Die pastoor van hierdie kerk laat sy gemeentelede glo slange eet en vertel dat dit soos Chomp-stafies smaak. Vroeër vanjaar was die pastoor ook in die nuus toe hy sy gemeente kaal laat uittrek het omdat klere glo ʼn “sonde” is. Op die kerk se Facebook-blad is daar die mees vreemde foto’s, onder andere foto’s wat wys hoe  ʼn vrou se hare uitgetrek word en die gemeente dit dan eet. Dit smaak glo soos koek of sjokolade.

Dit is nie net die lering wat my verstom laat staan nie, maar wat my meer verdwaas laat staan, is die feit dat daar regtig mense is wat die man glo en navolg. Ek het in die afgelope week ook etlike ander goed gesien wat lidmate van ordentlike kerke skryf en glo. Dit maak my baie bekommerd as ek sien hoe klakkeloos mense enige ding glo wat aan hulle opgedis word. Ek staan ook verstom hoeveel mense regtig bereid is om hulle intellek te verkrag in die geloof. Ja, Paulus het wel in 1 Korintiërs 3:18-19 geskryf: “Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld ’n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik ’n wyse mens kan word, want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God.”

Hierdie uitspraak beteken egter nie dat ons nie ons verstand mag gebruik nie. Dit beteken net dat ʼn gelowige en ʼn ongelowige op verskillende maniere na sake kyk. Dit wat waarde het vir ʼn ongelowige, het nie noodwendig waarde vir ʼn gelowige nie!