“Ek kruip nie meer weg nie”

816

Om oorgewig te wees het Angela Crawford skaam gemaak vir mense. CSN het haar weer die moed gegee om die wêreld in die oë te kyk.

Ek was nie altyd ’n vet kind nie. Gene en slegte eetgewoontes het eers in die hoërskool begin wys. Van daar af het die vetrolle genadeloos begin saampak. “Skielik was ek elke dag die teiken van boelies. Skoolkinders, winkelassistente, kassiere en veral mans sou sommer aanmerkings maak soos: ‘Genade, kyk hoe lyk sy’ of ‘Sy sit die hele kar vol’.

“Dit was verpletterend. Om my van die samelewing te onttrek was al oplossing om beter en veilig te kon voel. Ek wou nie meer voor mense eet nie en het slegs by deurry-kitskosplekke kos gekoop. “Ironies genoeg het ek besluit om ’n sjef te word. Dit was effens beter in die sjefskool – die mense daar verwag nie van jou om maer te wees nie! Maar ook toe wou geen sjefbaadjie pas nie.

“Tipies student, was uitgaan en kuier deel van my agenda. Drank het my uit my dop laat kruip en skielik wou almal in my geselskap wees. Eintlik was alkohol net nog iets waaragter die eensaamheid en liefdelose bestaan weggesteek kon word.

“Daar was een probeerslag met dieet. Die resultate was so sleg dat dit nie lank gehou het nie en my wilskrag was veels te min. Omdat my gesondheid daaronder begin ly het en daar ’n geskiedenis van hartkwale in ons familie is, het ek tot aksie oorgegaan om ’n verandering te maak. “Iemand het my van die CSN-program vertel. Binne tien dae het ek agt kilogram verloor.

Dit was verstommend. Die eerste ruk was wel moeilik, maar toe die resultate begin wys, was dit makliker om vas te byt. Sedertdien het ek 106.5 kg afgeskud.

“My hele lewe het verander! Klerewinkels het klere wat pas, ek voel gesond, kruip nie meer weg nie en perdry is weer doenbaar. Vroeër het die skuldgevoel om met my swaar lyf op ’n perd te klim, my gekeer. Die vryheid van hierdie nuwe lyf is nog elke dag verstommend!

“Die drastiese gewigsverlies het ook die mediese toestand omgekeer wat onvrugbaarheid veroorsaak het. Vandag maak hierdie ma haar woelwater groot met gesonde eetgewoontes.”

CSN is ’n verslankingsprogram wat wetenskaplik ontwikkel is om jou te help om gewig af te skud en af te hou. Dit is maklik om te volg en volhoubaar lank nadat jy jou teikengewig bereik het.

Die reeks bestaan uit eenvoudige resepte en gesonde aanvullings. Jy kan selfs ’n gesondheidskamp bywoon vir ekstra ondersteuning.

Daar is verskeie kombinasiepakke waaruit jy kan kies, na gelang van jou behoeftes. Die pakke maak ook voorsiening vir diegene wat diabete is en nie baie sout mag gebruik nie.
Elke produk help jou liggaam om van gifstowwe ontslae te raak sodat jy effektief vet kan verbrand.

Verander jou lewe en belê in CSN se reeks verslankingsprodukte. Besoek Voelgoedwinkel.co.za vir hul reeks produkte of kontak hulle by 087 365 7276.