Ek wil. Ek kan. Ek sal.

0
162
Ek-wil-Ek-kan-Ek-sal.jpg

UITTREKSEL: Ek wil. Ek kan. Ek sal.

DAG 1 - Verander ’n slag van rigting

As jy so om jou kyk, sien jy sekerlik baie dinge wat besig is om te verander. Dit kan natuurlik veroorsaak dat jy terugverlang na die “goeie ou dae”. Jy weet mos hoe kan ’n mens soms net die lekker tye van die verlede onthou, terwyl jy die hede net as sleg en negatief sien.

Dis goed om die mooi dinge te onthou, maar as jy die hele tyd in die verlede leef, kan jy later permanent kwaad en depressief voel. Jy kyk mos maar deur ’n rooskleurige bril en dink later dat alles van gister beter was as vandag, al is dit nie regtig so nie.

As jy jouself nie gou uit hierdie gemoedstoestand kry nie, kan jy dalk vir die res van jou lewe ’n gevangene van hierdie tipe gedagtes wees. En die hartseer ding is dat jy self die tronk veroorsaak het!

Hoe ontsnap jy nou uit so ’n situasie? Die eerste stap is om die moed te kry – die moed wat daar iewers binne jou versteek is. Moenie wag tot môre nie. Die oomblik wat jy hierdie stuk klaar gelees het, wil ek hê jy moet die volgende doen:

Gaan sit op ’n stil plek en maak jou oë toe. Vra vir God om jou te help om gefokus te bly, sodat jou gedagtes nie die hele tyd sal terugspring na die negatiewe dinge nie. Aanvaar dat die verlede baie goeie dinge ingehou het.

Erken nou dat jy die passie, energie en kreatiwiteit het om ’n nuwe reis aan te pak.

Onderneem om van nou af proaktief op te tree met betrekking tot jou toekoms. Daar is geen verskoning om te sê dat jy niks aan jou toekoms kan doen nie. Elke suksesvolle persoon sal vir jou sê dat daar in hulle lewe ’n tyd was wat hulle die moed moes hê om die verlede te laat gaan.

Nou kan jy aktief begin werk aan ’n beter toekoms. Kry positiewe prentjies van jou toekoms in jou gedagtes. Bly ’n rukkie staan by die prentjies wat jou hart vinniger laat klop. Herhaal dit elke dag.

Jou storie...

Watter gedagtes van die verlede het jou geteister terwyl jy besig was met hierdie stuk?

Hoe verskil jou prentjie van die toekoms van die prentjie wat jy van vandag het?

lyn_3.png

As jy nié hou van hoe jou lewe nou is nie, sal iets moet verander. Hierdie is ’n boek met ’n verskil: Dis nog nie klaar geskryf nie! Na elke stuk volg daar twee vrae om jou aan die dink te sit. Pen jou gedagtes neer en na slegs 50 dae het jy die storie van jou lewe voor jou.
Om ’n boek te skryf was nog nooit so maklik nie!

Kliek op www.voelgoedwinkel.co.za en bestel die boek, Ek wil. Ek kan. Ek sal.

 

DEEL
Vorige artikelLaai jou denke af!
Volgende artikel84. Versterk vertering met vesel
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.