Konsert

Kersfees Konsert

Aangebied deur Voelgoed Media!
KERSLIEDERE KONSERT

Musiek wat die hart raak, die Jesus-verhaal en sagte kerslig

Daar is min dinge wat ’n mens se hart so diep raak soos die klanke van Kersliedere.
’n Kerskonsert is ’n geliefde tradisie wat mense bymekaar bring om die ware gees van Kersfees te vier!
Jy word uitgenooi na Voelgoed Media se éérste Kersliedere Konsert, met musiek wat die hart raak, die Jesus-verhaal wat inspireer en sagte kerslig wat alles omvou in warmte en vrede!
Laat jouself meevoer deur die pragtige uitvoering van Kersliedere – van tradisionele Kersmusiek tot geliefde gunstelinge wat jou terugneem na jou kinderdae, familie en geloof.

KERSLIEDERE, BYBELVOORLESINGS EN STORIEVERTELLING
Elke lied word met sorg en liefde deur van ons land se mees geliefde kunstenaars soos Jannie Moolman, Germandt Geldenhuys en Nádine uitgevoer.
Tussen die musiek deur sal daar sielvolle voorlesings uit die Bybel en aangrypende storievertelling wees deur die skrywer en predikant Liesel Krause-Wiid, om ons te laat onthou waaroor Kersfees regtig gaan: liefde, hoop, vrede en familie.

Die Kersliedere Konsert onder leiding van die pianis en musiekregisseur Johan Kelber, is méér as net ’n konsert – dis ’n heilige hartservaring wat jou sal bybly lank nadat die laaste noot verdwyn het.

In die sagte lig van kerse, tussen die melodieë van geloof en vrede, word jy uitgenooi om te kom sit, te luister en te onthou …

SLEGS ÉÉN VERTONING!
* Deure maak 14:30 oop
* 15:00 tot 17:00 (2 ure)
* Geen pouse nie

EVENT

Datum

Tyd

Koste

Grondvlak Agter – R199 (Early Bird) R229
Grondvlak Voor – R229 (Early Bird) R249
Voelgoed-Vriendinne [VIP] – R199 R249
*Afslag word outomaties by die betaalpunt toegepas

Tipe Event

Konsert

ORGANISEERDER

Organiseerder

Voelgoed Media

Telefoon (Navrae oor event)

016 982 3617

E-pos (Navrae oor event)

Volg ons

VENUE

Choose Life Church, Pretoria
589 Rubenstein Dr, Moreleta Park, Pretoria, 0044

KAARTJIE-OPSIES

Kersfees Konsert
Grondvlak Voor
R229 R249
Voelgoed-vriendinne [VIP] – R199 R249
+ VIP-toegang
*Afslag word outomaties by die betaalpunt toegepas
Kersfees Konsert
Grondvlak Agter
R199 R229
Voelgoed-vriendinne [VIP] – R199 R249
+ VIP-toegang
*Afslag word outomaties by die betaalpunt toegepas
Scroll to Top