’n Kerservaring in die Vaal vir die hele gesin – met Kersliedjies by kerslig, ’n Kersliggieboom, ’n Kersmark vol unieke geskenke en heerlike kosstalletjies, ’n Kersfees-Langtafel met ’n vyfgang-ete, én ’n klassieke Kersliedere Konsert.
Wanneer jy koop, kuier of deelneem, word jy deel van ’n groter verhaal waar ’n Kersfeeservaring ’n blywende impak kan hê – kliek hier vir meer oor Oophand.
– – – – –
Kersliedjies by kerslig en
Kersliggie-boom
Vrydag 27 November • 18:00
’n Heerlike, informele buiteluggeleentheid wag op jou – bring die kinders en ’n kampstoel of kombers.
Bring vir elkeen ’n kers in ’n gesnyde koeldrankbottel, sodat dit maklik vasgehou kan word.
Laat die saamsing van Kersliedjies julle gesin met vrede en vreugde vul!
Die hoogtepunt van die aand is wanneer die Kersliggie-boom se liggies aangeskakel word.
– – – – –
Kersinkopies by die onderdak
Kersmark
Vrydag 27 tot Sondag 29 November
’n Onderdak-Kersmark met ’n keur van unieke produkte bied iets besonders vir ’n geliefde, jou huis of sommer net vir jouself!
Geen Kersmark is volledig sonder iets lekkers nie – geniet ook heerlike kos, koffie en iets soets by die kosstalletjies.
Kliek hier om aansoek te doen vir uitstalruimte (vanaf 7 September).
– – – – –
’n Feestelike Kersfees
Langtafel
Saterdag 28 November • 18:00
Besighede en spesiale vriende word uitgenooi na ’n eksklusiewe Kersfees Langtafel, waar goeie kos, mense en die gees van Kersfees saamkom.
Elegante dekor, ’n feestelik gedekte tafel en ’n keurige Kersfeesmaal wag op jou!
Beperkte plekke beskikbaar – jou kaartjie sluit ’n verwelkomingsdrankie, wyn, ’n fynproewersete deur At My Table, en ’n verrassingsgeskenk in.
Elke plek aan die langtafel help om ’n verskil te maak – kliek hier vir meer oor Oophand.
Besprekings maak 14 September oop!

– – – – –
’n KersLig Diens by Kompas
Gemeente
Sondag 29 November ∙ 09:00
Vier die feestyd saam met ons terwyl ons nadink oor die betekenis van Kersfees, en saam troos en hoop vind te midde van die hartseer en uitdagings wat ons deur die jaar ervaar het.
– – – – –
’n Klassieke Kersliedere
Konsert
Sondag 29 November • 15:00

CHRIS ELSE

NADINÉ

JAKKIE LOUW
Voelgoed Media se Kersliedere Konsert – ’n besondere vertoning van musiek, geloof en sagte kerslig.
Geniet tradisionele Kersliedere en geliefde gunstelinge, uitgevoer deur van ons mees geliefde kunstenaars, waaronder Chris Else, Nadiné en Jakkie Louw.
Marietjie Malan, gemeenteleier van Kompas Gemeente, deel sielvolle Bybellesings en aangrypende verhale.
Onder leiding van pianis en musiekregisseur Johan Kelber is dit méér as ’n konsert – ’n ervaring wat jou hart raak en lank by jou bly!
Elke kaartjie maak ’n verskil – kliek hier vir meer oor Oophand.
Datum
Kersliedjies – Vrydag 27 November ● 18:00
Kersmark – Vrydag 27 tot Sondag 29 November
Kersfees Langtafel – Saterdag 28 November ● 18:00
KersLig Diens – Sondag 29 November ● 09:00
Kersliedere Konsert – Sondag 29 November ● 15:00
Tyd
Koste
Organiseerder
Telefoon (Navrae oor event)
E-pos (Navrae oor event)
KAARTJIE-OPSIES
KERSLIEDERE KONSERT
Konsert-kaartjie @ R199 R249
Voelgoed-vriendin [VIP] @ R139 *Afslag word outomaties by die betaalpunt toegepas
Afbetaal-kaartjie @ R70 p/m vir 3 maande (bespreek vóór 30 September)
KERSFEES LANGTAFEL
Langtafel-kaartjie
Verwelkomingsdrankie, wyn, fynproewersete, Oophand-bydrae, ens ingesluit