! ! ! Early Bird-kaartjie (tot 31 Maart) – R149 ! ! !
Voelgoed-vriendin [VIP] – R134
– – – – –
Voelgoed Media bied aan!
VOELGOED MET FARREN EN FRIENDS!
Die show wat jou geloof aan die brand steek!
Dominee en TikTok-sensasie Farren Cloete bring haar uitverkoopte Kaapse show na Port Elizabeth!
TEMA – #MooiDingeKom
VOELGOED met FARREN en friends! keer terug met die splinternuwe tema #MooiDingeWag.
Hierdie show is vir elke vrou wat al moeg gevoel het, wat al in stilte gebid het vir hoop, en wie se glimlag dalk iewers tussen die daaglikse stryd en uitdagings verlore geraak het.
Dit is ’n uitnodiging om jou hart te laat genees, jou siel op te lig, en jou vreugde weer te ontdek!
SIELVOLLE MUSIEK
Saam met Farren is talentvolle en sielvolle kunstenaars op die verhoog, met musiek, stories en verrassings wat jou sal aanraak, jou sal laat sing en dalk selfs huil van ontroering.
Elke noot en elke woord is daar om jou te herinner aan die mooi dinge wat nog wag, selfs wanneer die lewe nie altyd maklik is nie.
MÉÉR AS ’N SHOW!
VOELGOED met FARREN en friends! is nie net ’n show nie – dit is ’n ervaring!
Kom saam met jou susters, bring jou hart, en laat hierdie geleentheid jou inspireer om weer te glo, weer te glimlag en weer te voel hoe mooi dinge op jou wag.
– – – – –
SLEGS ÉÉN VERTONING!
* Deure maak 13:00 oop
* 14:00 tot 16:00 (2 ure)
* Geen pouse nie
– – – – –
! ! ! Early Bird-kaartjie (tot 31 Maart) – R149 ! ! !
Voelgoed-vriendin [VIP] – R134
Datum
Tyd
Koste
Tipe Event
Organiseerder
Telefoon (Navrae oor event)
E-pos (Navrae oor event)
Volg ons