#EkwilEkkanEksal-konferensie

GLO (WEER) IN JOUSELF!

Saterdag 12 Februarie | 09:00-13:00
(08:00 registrasie vir die in persoon-konferensie)

#EKWILEKKANEKSAL-KONFERENSIE

Finesse Voelgoed Tydskrif en Virseker se #EkwilEkkanEksal-konferensie is die persoonlike groeigeleentheid van die jaar! Die tema is GLO (WEER) IN JOUSELF!, met wêreldklassprekers soos Gustav Gous, Lynette Beer en Stephan Joubert. Jy kan die konferensie in persoon bywoon, op jou eie inskakel op die regstreekse stroom (LIVE stream) óf dit vir vriende, familie en kollegas by jou huis of ‘n plek van jou keuse aanbied.

#EKWILEKKANEKSAL VIND PLAAS . .. ...

DAE
URE
MINUTE
SEKONDES

Sprekers

+ temas waarna jy kan uitsien

GUSTAV GOUS

Lewens- en besigheidsafrigter

Alles begin met jou ingesteldheid. Jy kan vir jouself sê dat jy eenvoudig nie goed genoeg is nie óf jy kan vir jouself sê jy dat jy beter kan word in enigiets waaraan jy jou energie toewy.

LYNETTE BEER

Verhoudingskenner en skrywer

Ons moet buig, nie breek nie. Leer om woorde, dade en gedagtes wat jou swak en gefrustreerd laat voel met positiewe denke te vervang om krag, selfvertroue en doelgerigtheid te bou.

STEPHAN JOUBERT

Teoloog, skrywer en prediker

God het vir jou unieke vermoëns en drome gegee wat Hy op jou hart lê. Hy het planne vir jou! Hy is jou Helper en sal elke dag van jou lewe die goeie werk waarvoor Hy jou bestem het, enduit voer en voleindig.

LOUWERENS SWANEPOEL

Mentor, besigheidsman en motiveringspreker

Die wêreld waarin ons leef, is uiters kompeterend en uitdagend en mense begin aan hulleself en hulle vermoëns twyfel wanneer hulle mislukking beleef. Maar mislukkings is nie die einde nie. Jy moet weer opstaan!

Ambassadeurs

+ ook deel van die program

SARINA BOSMAN

Radio-aanbieder

Daar is tye in die lewe wanneer dinge net nie volgens ons plan uitwerk nie. Tye wanneer ons misluk. En wanneer dit gebeur, begin ons aan onsself twyfel. Tydens daardie donker tye, is ons selfvertroue op sy laagste. Ons vergeet wie ons is en wat ons veronderstel is om te doen. As jy êrens in die lewe wil kom, moet jy in jouself glo!

ANRIA VAN HEERDEN

Finansiële adviseur

Positiewe bevestigings (affirmations) is ’n selfhelpstrategie wat gebruik word om selfvertroue en geloof in jou eie vermoëns te bevorder. Dit moedig jou brein aan om hierdie positiewe bevestigings as feite aan te neem. Die herhaling van ’n bevestiging gee jou selfvertroue ’n hupstoot, maar jy moet steeds self optree. Probeer om aan bevestigings te dink as ’n stap na verandering, nie die verandering self nie.

PROGRAM vir die persoonlike
groeigeleentheid van die jaar!

Koop NÓÚ jou kaartjie

Óf jy nou die konferensie in persoon by NG Moreletapark bywoon, óf inskakel op die regstreekse stroom (LIVE stream), moenie die sprekers en ambassadeurs se praktiese raad om persoonlik te groei, misloop nie!

Woon die konferensie in persoon by

R129
R169
  • • Woon die konferensie in persoon by NG Moreletapark in Pretoria by.
    • Beperkte sitplek is beskikbaar.
    Streng Covid-19 protokol sal gevolg word en ‘n bewys van inenting of negatiewe Covid-toets word vereis.

Kyk aanlyn saam met ander

R169
R399
vir vier persone
  • • Ons help jou om die regstreekse stroom vir vriende, familie en kollegas aan te bied!
    • As jy ‘n aanlyn groepskaartjie koop, sal jy gratis hulpbronne ontvang om die konferensie by jou huis of ‘n plek van jou keuse ’n wonderlike digitale ervaring te maak.

Kyk aanlyn op jou eie

R79
R99



  • • Skakel in om die regstreekse stroom op jou eie te kyk.
    • Indien jy nie op dié spesifieke tyd kan inskakel nie, sal jy ’n skakel ontvang om die video af te laai en op jou eie tyd daarna te kyk – jy moet net nóú jou kaartjie koop!

#EKWILEKKANEKSAL WORD GEBORG DEUR VIRSEKER en COFFEE EXCELLENCE

Doen Goed! 10% van die kaartjieverkope word geskenk aan die Studiefonds van Helpende Hand.

error: Inhoud Is Beskerm!!

Teken in op Voelgoed se nuusbrief en WEN!