#EkwilEkkanEksal–konferensie

#EKWILEKKANEKSAL-konferensie

Tema: Jou tyd is nóú
Speel video

Tema -

Finesse en Virseker se #EkwilEkkanEksal-konferensie is die persoonlike groeigeleentheid van die jaar, spesiaal ontwerp om te inspireer, motiveer en jou manier van dink te verander. 2021 se tema is Jou tyd is nóú en die konferensie word aangebied met wêreldklassprekers soos Lynette Beer, Gustav Gous en Nadia Beukes.

KYK AANLYN-kaartjies

’n Geredigeerde weergawe word aanlyn uitgesaai
Saterdag 6 Maart | 14:00-17:00
Indien jy nie op dié spesifieke tyd kan inskakel nie, sal jy ’n skakel ontvang om dit binne ‘n maand te kyk.

Groeps-bespreking

TWEE

of méér kaartjies

GROEPSBESPREKING:
* 2 of méér kaartjies teen slegs R49 per skerm
* Bespreek tot Donderdag 4 Maart om 12:00

EARLY BIRD-
kaartjie

R49

R74

EARLY BIRD-kaartjie:
* R49 per skerm
* Bespreek tot Maandag 1 Maart om 12:00

KYK AANLYN-
kaartjie

R74

KYK AANLYN-kaartjie:
* R74 per skerm
* Bespreek tot Donderdag 4 Maart om 12:00

BEDERF IEMAND-
kaartjie

R49

R74

BEDERF IEMAND-kaartjie:
* R49 per skerm
* Bespreek tot Maandag 22 Februarie om 12:00

Meer oor die konferensie

2020 was ’n moeilike jaar vir almal – veral vir die energieke doeners en die dromers onder ons.

Dis maklik om jou frustrasies na 2021 oor te dra en nie kreatiewe planne vir die nuwe jaar te maak nie. Dis ook maklik om eerder weg te kruip, al word jy meer as ooit deur die veranderde omstandighede uitgedaag.

Ná al die teleurstellings het jy dalk hoop verloor, juis nou dat die wêreld jou meer nodig het. Daar is meer uitdagings as ooit vantevore en ek en jy moet opstaan en help met oplossings.

Dis nie nou die tyd om terug te sit en met gevoude arms te wag vir beter dae nie. Nou is die tyd om dinge te laat gebeur.

Jou tyd is nóú!

Verander jou lewe in slegs vyf stappe

Die gedagte van ’n lewensverandering kan vir die meeste mense te oorweldigend wees.

Veral wanneer so baie van ons net probeer om liggaamlik en geestelik gesond te bly. Om die beste ouers, huweliksmaats, vriende en kollegas moontlik te wees is nie maklik nie.

Dit is waarom ons dié konferensie aanbied – om jou stres te verminder, nie meer te maak nie.

Hierdie resep vir ’n lewensverandering word opgebreek in vyf stappe, sodat jy dit maklik in jou lewe kan toepas op ’n manier wat vir jóú werk:

  1. Kry beheer oor jou gedagtes en emosies
  2. Verbreek slegte gewoontes en kweek goeies
  3. Leef ’n lewe sonder enige beperkings
  4. Glo in jou vermoë om doelwitte te bereik
  5. Dink soos ’n kampioen

Ons glo in klein treetjies – te klein om te misluk. In ’n tyd van groot verandering is dit die klein dingetjies wat die grootste impak maak.

Jou tyd om te kies is nóú

Wie wil jy graag wees? Wat wil jy nog graag bereik? Hoe wil jy jou tyd spandeer?

By die #EkwilEkkanEksal-konferensie sal jy beginsels, geheime en tegnieke leer wat jy sommer dadelik kan gebruik om jou potensiaal te ontsluit. Só kan jy die sukses skep wat jy graag in jou lewe wil hê.

Ontdek die geheime van hoogs suksesvolle lewensafrigters en motiveringsprekers soos Lynette Beer, Gustav Gouws, Nadia Beukes en Reg Hammond. En leer hoe JY dit in jou elkedagse lewe kan toepas.

Hayley Hobson, die Amerikaanse lewensafrigter, sal deur middel van ’n voorafopgeneemde video-aanbieding deel van die sprekers uitmaak.

Jy moet weet dat die besluit wat jy nou neem, die rigting van jou lewe vir altyd kan verander!

Sprekers

Program

SESSIE 1— Lynette Beer

Kry beheer oor jou gedagtes en emosies
Ons soek baiekeer die oorsaak van ons probleme by omstandighede buite ons. Maar ons moet eerder na binne kyk. Ons gedagtes en emosies bepaal of ons die oomblik kan geniet. As dit nie genoeg aandag kry nie, raak ons oorweldig en voel onvervuld.

SESSIE 2 — Gustav Gous
Leef ’n lewe sonder enige beperkings

Dink aan die beperkings wat jy self op jou lewe geplaas het, of wat jy ander toegelaat het om daarop te plaas. Hoe sou dit wees om vry te wees daarvan? Waarmee jy ookal sukkel, hier is die geheim om struikelblokke met dapperheid aan te pak …

SESSIE 3 —Hayley Hobson
Verbreek slegte gewoontes en kweek goeies

Jy val maklik terug op slegte gewoontes. Nie omdat jy nie wil verander nie, maar omdat jy dit op die verkeerde manier probeer doen. Leer hoe om die gewoontes te identifiseer wat jou terughou en hoe om hulle in goeie gewoontes om te skakel.

SESSIE 4 — Nadia Beukes
Glo in jou vermoë om doelwitte te bereik
Daar is talle afbrekende patrone wat verhoed dat jy jou doelwitte bereik. Deur beheer te neem van jou gedagtes, sit jy daardie negatiewe dinge om in positiewe dinge. Só leer jy om verandering te aanvaar sonder om terug te val op afbrekende patrone.

SESSIE 4 —Reg Hammond
Dink soos ’n kampioen
Weet jy wat onderskei kampioene van die res? Nee, hulle is nie supermense nie. Hulle is bloot geestelik en verstandelik sterk. Ontdek die geheime van mense soos hierdie oor hoe om jou eie vaardighede te slyp en te dink soos ’n kampioen!

Ambassadeurs

Die #EKWILEKKANEKSAL-konferensie
word geborg deur
Virseker

Boek + E-boek + Oudioboek

Gedrukte boek

R159

R199

E-boek

R111

R139

Lees in Verrso-app

Oudioboek

R119

R149

Luister in Verrso-app