Elizma Theron: ʼn gebed aan Eli-zé

0
78
elizma_theron_dogter.jpg

Wat is die mees besondere geskenk wat ’n pa vir sy eenjarige dogter kan gee? Nico het vir sy Eli-zé die volgende gebed geskryf:

Eli-zé
Vandag is jy 1 jaar oud.
Ek bid jou toe ’n oor om Sy antwoord te hoor.
Ek bid dat jy Sy sagte hand op jou skouer sal voel.
Ek bid jou toe dat jy Sy wonderdade mag aanskou.
Mag jy die geduld vind om op jou drome te wag.
Mag jy elke dag ’n rede vind om hartlik te lag.
Mag jy elke dag die kans kry om jou geliefdes se nabyheid te voel.
Mag jy elke dag herinner word aan jou lewensdoel.
Voorspoed is wat ek vir jou vra.
En die Here se hande om jou te dra.
Dink terug en onthou dit wat goed was van die verlede
en hou jou oë gevestig op die Here.
Ons is baie lief vir jou.
O Here, sal U haar altyd naby U hou.

Amen

Kliek hier vir die fotoalbum van Eli-zé se eerste verjaarsdag.