Elke dag is ’n geskenk

340

“If it’s worth laughing about it later … it’s worth laughing about it now!”

Al ooit gevind dat jy ná maande van ’n moeilike seisoen in jou lewe kan terugkyk en glimlag oor wat gebeur het?

Dit is omdat die moeilikste tye in jou lewe jou karakter die meeste vorm en bou. Elke ondervinding maak jou die mens wie jy vandag is. Jy kan nie slegs deur jou emosies, gedagtes en gevoelens gelei word nie. Jy moet doen wat God van jou verwag, al maak dit nie sin nie.

Psalm 118:29 lui: “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.” Die psalmdigter het ’n manier gevind om ’n gewone dag met buitengewone geesdrif aan te pak. Hy het die besluit geneem en dit verklaar, en nie net op sy gevoelens gefokus nie.

Maak nie saak waardeur jy gaan of waar jy jouself bevind nie, daar is elke dag ’n rede om te glimlag en te weet God is steeds in beheer.

Karien Basson
Redakteur, Vroue wat glo

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Karien.