Elke Goeie Ding

Baie van ons voornemens is elke jaar dieselfde. Ons wil meer gesond wees, ons wil meer gedissiplineerd wees, en ons wil meer produktief wees. Dus maak ons planne, lysies, ens.

Maar hoeveel van ons het op ons lys van voornemens: om baie meer dankbaar te wees vir alles wat ons het?

“Moenie julleself mislei nie…” Deur dit te sê, leer Jakobus vir ons dat ons geneig is om ‘n leuen te glo oor die goeie dinge in ons lewens. Ons glo dat dit ons reg is (geregtigheid), of dat ons dit verdien (verdienste). Maar hierdie eerste paar woorde dien as ‘n waarskuwing, ‘n tik op die vingers, wat ons daaraan herinner dat ELKE goeie ding in ons lewens ‘n geskenk van God is.

Jakobus ons herinner aan die goedheid en oorvloedige vrygewigheid van God.

Die vrygewigheid van God kan vir baie van ons ‘n moeilike begrip wees om te verstaan. As ons vir iemand ‘n geskenk gee, of iets goeds vir iemand doen, is dit ons menslike natuur om iets terug te verwag. Ons mag dalk nie so dink nie, maar as ons nie ‘n “dankie,” of ‘n glimlag kry nie, kan ons ergerlik of teleurgesteld voel, of twee keer dink voordat ons weer iets mooi vir daardie persoon wil doen. Ons wil ‘n bietjie erkenning ontvang, selfs al is dit net glimlag.

Maar God, in Sy goedheid en vrygewigheid, is nie soos ons nie. Sy vrygewigheid is aanhoudend en is beter as enige iets wat ons verdien. Hy sit nie op Sy troon en wag vir ons erkenning nie. Hy is nie een dag goed of vrygewig en verander dan sy gedagtes die volgende dag nie. Sy vrygewigheid hang ook nie af van ons reaksie nie.

So wat is al hierdie goeie dinge wat God oor ons uitstort? Vriendin, as dit in jou lewe is, dan is dit ‘n geskenk aan jou van God af.

Maar Sy mees kosbare geskenk is Jesus Christus. Hy is die onverdienstelike welwillendheid van God teenoor ons sondaars. Jesus is ‘n geskenk wat die gewete skoonmaak, die gedagtes vernuwe, die hart transformeer en ons siele bly maak.

Ons reaksie op God se vrygewige goedheid moet diepgaande en blywende dankbaarheid wees.

Ongelukkig lyk ons reaksie op God se goeie geskenke soos afsydigheid, veragting, en selfs ontevredenheid. Wanneer ons niks maak van die geskenk nie, maak ons niks van die Gewer. Wanneer ons iets vat wat God nie vir ons bedoel het nie, of as ons in ontevredenheid sit en wens dat God vir ons ander geskenke gegee het, vertel ons vir God dat Hy nie goed of vrygewig is nie. Maar ‘n vreugdevolle gesindheid prys ons vrygewige God.

Danksegging maak ons sensitief vir al die goeie dinge in ons lewens en help ons om ons oë te fokus op die Gewer van hierdie goeie dinge. Dankbaarheid maak dat ons daardie dinge met sorg hanteer en hulle nie as vanselfsprekend aanvaar nie.

Laat ons die goeie geskenke raaksien wat God elke dag in ons lewens plaas en mag ons reageer met harte vol van dankbaarheid.