Emosies laat jou eet

442

Ons weet wat om te eet en hoe om te oefen, maar sukkel nogtans om gewig te verloor. Dit is moontlik omdat ons ons emosies opeet.

Onverwerkte gevoelens soos angstigheid, hartseer, teleurstelling en woede kan jou meer laat eet.

Bekyk jou gemoedstoestand voordat jy die stuk sjokolade nader trek. Doen iets wat jou help ontspan. Bepaal wat dit is wat jou hartseer laat voel of kwaad maak, sodat jy dit kan verwerk.

Ons eet ook te veel as ons op ons gelukkigste is, soos met vakansie, oor feestye of as ons verlief is. Kuier gerus saam met jou geliefdes, maar fokus op die mense eerder as die eetgoed.

Raak ontslae van die slegte emosies wat jy saamdra sodat jy innerlik én uiterlik ’n ligter mens kan wees.
 

Laetitia Dee, Redakteur, Nuwe Jy

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Laetitia.