Erna Basson

0
344
Erna Basson

 

  1. Hoe het jy (met jou onderneming) begin?

Ek het my eerste besigheid begin op die jong ouderdom van 22, my 2de besigheid op die ouderdom van 27. Ek het albei hierdie besighede verkoop en my haarverlengings besigheid begin. Ek dra self haarverlengings al vir jare en ek het die gaping in die mark gesien vir ʼn  goeie gehalte, bekostigbare produk.

  1. Wat is die beste raad wat jy al ooit gekry het?

Moet nooit besigheid persoonlik opneem. Besigheid is soos ʼn skaakbord spel, elke beweging is strategies, en jy speel nooit die man nie, maar die spel. Die speler wat die meeste gefokus is, en die regte bewegings maak, wen.

  1. Hoe sal jy graag onthou wil word?

Ek sou graag wil onthou wil word as “authentic”, ʼn persoon wat altyd net haarself is en nie probeer om iemand anders te wees nie. ʼn Persoon wat integriteit het, eerlik is en wat my medemens bo myself stel. Iemand wat eerder gee as ontvang.

  1. Is daar ’n spesifieke aanhaling waarvolgens jy leef? Wat is dit?

“When you want to succeed as bad as you want to breath, then you will be successful” – hierdie aanhaling is deur ʼn motiveringspreker met die naam Erik Thomas. Hy is ʼn ongelooflike spreker wat niks gehad het nie en nou een van die beste motiveringsprekers ter wêreld is.

  1. Watter vrou inspireer jou en waarom?

Ek kyk baie op na Ellen Degeneres. Sy sien altyd die goeie raak in elke situasie en sy gee soveel terug aan mense wat minder het, en dit is waarna ek streef.

  1. Hoe het jy gekom waar jy vandag is en wat het jou op die pad gehelp?

ʼn Positiewe en ʼn “ek sal nie opgee” houding. My geloof en my familie is een van die belangrikste faktore in my sukses. My familie ondersteun my ongelooflik baie en hul is ook die rede hoekom ek so hard werk, om vir hulle ʼn beter lewe te kan gee asook geleenthede.

  1. Wat dink jy is die grootste struikelblok in vroue se pad?

Beperkte geloof en gemaksone – vroue glo nie in hulself nie, en as ʼn vrou soek ons dadelik sekuriteit en dus wil ons nie buite ons gemaksone leef nie. As jy wil groei as persoon moet jy buite jou gemaksone leef want dis waar al die groei plaasvind want jy challenge jouself op elke vlak.

  1. Wat dink jy maak dat ’n vrou suksesvol is?

Ek het ʼn onderhoud gevoer met Hugh Hilton en my vraag was presies dieselfde, en ek het 100% saamgestem met sy antwoord – Vroue kyk na situasies/besigheid anders as mans. Vroue dink meer rasioneel en ons bring ook emosie in besigheid wat eintlik goed of sleg kan wees, afhangend hoe jy dit gebruik.

  1. Wat dink jy is die geheim om ’n suksesvolle balans tussen jou werk en jou persoonlike lewe te bewerkstellig?

Tydbestuur – wanneer jy ʼn besige werkskedule het, moet jy jou tydbestuur ongelooflik goed doen en dit gaan ook oor kwaliteit tyd saam jou gesin. Wanneer jy saam jou gesin is, wees teenwoordig, los jou foon, los jou rekenaar en geniet die tyd saam jou gesin.

  1. Wie sou jy graag na ’n droom-ete wou nooi?

Mark Zuckerburg en Randi Zuckerberg. As ek ʼn ete saam Mark gehad het sou ek elke oomblik gebruik het om na sy stories en advies te luister. Hy is een van die jongste, mees suksesvolste mense in die wêreld maar hy is so nederig en gee terug aan sy medemens en vir dit het ek baie respek.