Fases van fisiese transformasie

0
1056

As dit kom by fisiese transformasie is mense altyd baie opgewonde oor die eind resultaat, maar mense is nie altyd bewus van al die fases wat die persoon moes deurgaan om by die eind resultaat te kom nie.

Dit alles begin met ‘n besluit

Die fisiese transformasie proses begin altyd met ‘n kognitiewe besluit. Die proses begin met ‘n persoon wat besluit dat hulle nie tevrede is met waar hulle hulself bevind nie en dat hulle graag hulle lewens of gesondheid in ‘n ander rigting sal wil vat. Die grootste stap is om te besluit dat jy nie die lewe wat jy tans leef wil aanvaar nie en dat jy genoeg in jouself glo om ‘n beter lewe vir jouself te skep.

Gedagtes van twyfel en hoe om dit te oorwin

Almal wat al ‘n leefstyl verandering aangepak het weet dat dit nie baie lank vat vir die gedagtes van twyfel om in te kruip nie. Vir hierdie rede is dit baie belangrik om ten alle tye te onthou waarom jy besluit het om die transformasie proses aan te pak, sodat jy gemotiveerd kan bly.

Dit is belangrik om gefokus te bly op die klein oorwinnings en ook om daardie oorwinnings te vier.
Om jou lewenstyl te verander is gewoonlik ‘n proses waar jy drie skuiwe vorentoe beweeg en dan weer twee skuiwe terug, maar solank jy gefokus bly op die een skuif wat jy vorentoe beweeg het sal jy uiteindelik oorwin.

Laetitia Dee – Lewensafrigter

http://laetuslife.com