Fassinerende Vreemdeling!

om die Here te ken

Liefste Christen, om die Here nie te ken nie is ‘n misverstand wat smeek om te gebeur!

O, ons weet van Hom, net genoeg om na ‘n Christen te klink.
Maar dan tref die lewe ons en ons begin twyfel, want hoe kan ‘n God van “liefde” so iets toelaat of watookal ek nie verstaan nie! Hoe moet ek met geloof bid as ek vermoed Hy’s toe nie so watwonders nie…

Onthou, Satan moes net vir Eva laat twyfel om haar te oortuig om die verbode vrug te eet en ‘n hele mensdom te sink…
En ons maak dit so maklik, want ons ken Hom nie!

So, hoe seker is jy dat jy weet God is getrou?
Hoe weet jy Hy sal Sy Woord hou… veral wanneer mense s’n so min beteken?
Wat beteken dit dat Hy “goed” is? Hoe goed is “goed” nou eintlik?
Weet jy vir ‘n feit dat Hy liewer is vir jou en jou geliefdes as wat jy is?
Wat maak Sy liefde so anders?
Hoe seker is jy dat Hy geduldig is, en hoe Sy gedagtes werk rondom tyd en wag?
Ken jy Sy manier van praat? Verstaan jy Sy taal?

Waardeer jy Sy sin vir humor en die vreugde in Sy teenwoordigheid?
Hoe oortuig is jy dat Hy standvastig en rotsvas is, hoeveel sekuriteit en vrede bied daardie wete vir jou in ‘n mal wêreld soos ons s’n?
Fassineer Sy misterie jou? Wanneer laas het Hy vir jou ‘n geheim vertel of iets “ondeurgrondeliks” soos waarna Hy verwys in Jer 33:3? Iets wat jy NIE geweet het nie…
Bewonder jy ook Sy nederigheid, wanneer Hy dan so magtig is? Het dit ‘n invloed op hoe jy almal dien?

Sy gulhartigheid, hoe Hy geen probleem het om Sy son te skyn oor Sy mense en al die ander ook nie… hoe vrygewig Hy kan wees, en tog net soveel kan terughou, en hoekom?
Hoe indrukwekkend is Sy aandag aan die kleinste fynste besonderhede? Want as dit Sy aard is, hoekom voel dit asof Hy so buite beheer is soms?
Sien jy Sy kunstenaarshand in alles, of waardeer jy net die feit dat goed darem maar mooi is? Sien jy die plesier wat Hy in Sy skepping het? Weet jy dat jy Sy smaak is?
Net hoe magtig is Hy, as Hy die God van die onmoontlike genoem word?

Kan die wetenskap Hom weg”bewys” of is Hy en Sy Woord regtig onwrikbaar waar?
Hoe “committed” is Hy aan my? Hoe ver sal ‘n Pa soos Hy gaan vir my?
Kan ek Hom vertrou met my swakhede? Sal Hy my nie wegstoot nie?
Kan ek Myself wees by Hom of wil Hy my verander?
Kyk Hy af op my as Hy dan so heilig is? Hou Hy ooit van my?
Wat was sy plan met Sy Woord? Is dit vir Hom belangrik?
Kan ek met Hom ‘n grappie deel?
ens ens…

Alles alles alles word beïnvloed deur jou opregte hard-geleerde antwoorde…