Abraham Kriel Kinderhuis bied aan!
LIGGIEFEES@POTCH
Ons vier tien jaar om nóg GROTER en BETER te wees!
– – – – – –
LiggieFees@Potch, launched in 2015, has grown from a small fundraiser into one of Potchefstroom’s biggest festivals. Held every December at Abraham Kriel Children’s Home, it sustains care for 230 children while creating joy for thousands of families. This year marks the TENTH anniversary of the LiggieFees@Potch, and this time it promises to be even BIGGER and BETTER!
– – – – – –
Die LiggieFees@Potch is ’n jaarlikse gebeurtenis wat elke Desember plaasvind en duisende mense na die Abraham Kriel Kinderhuis lok om ’n skouspelagtige liggiefees te beleef.
Vanjaar is dit die TIENDE verjaarsdag van die liggiefees, en hierdie keer beloof dit om nóg GROTER en BETER te wees!
Die fees het in 2015 begin as ’n klein fondsinsameling om die groot gaping tussen die subsidie wat ons ontvang en die fondse wat nodig is om vir ons 230 kinders te sorg, te oorbrug.
Daar is besluit om die kampus vir ’n hele week met liggies op te helder, met die hoop om ten minste 100 besoekers per aand te lok, en tot almal se vreugde het meer as 17 000 mense die heel eerste LiggieFees@Potch bygewoon!
Wat as ’n nederige poging begin het, is nou die grootste fees in Potchefstroom, en tot op hede het net meer as ’n halfmiljoen besoekers deur die liggiefees se hekke gestap.
Die LiggieFees@Potch bly steeds die Abraham Kriel Kinderhuis se vlagskip-fondsinsameling, en dra daartoe by om te verseker dat ons die beste moontlike sorg aan die kinders wat aan ons toevertrou is, kan bied.
– – – – – –
Koop jou kaartjie AANLYN, verseker jou PLEK én vermy die RYE!
DATUMS EN TYE
28 November tot 31 Desember
18:30-22:00
18:00-22:00 [Kunstenaaroptredes]
17 KUNSTENAARSOPTREDES VIR DIE MAAND!
Jou toegangskaartjie vir die aand sluit die kunstenaar se optrede in!
28 November – Steve Hofmeyr
29 November – Snotkop
3 Desember – Appel
5 Desember – Tamlyn Wessels
6 Desember – Juanita du Plessis
10 Desember – Bobby van Jaarsveld
11 Desember – Armand Hofmeyr
12 Desember – Kurt Darren
13 Desember – Riaan Benade
15 Desember – Bernice West
16 Desember – Jo Black
17 Desember – Ruhan du Toit
19 Desember – Droomsindroom
20 Desember – Robbie Wessels
23 Desember – Ruan Josh
26 Desember – Irene-Louise van Wyk
27 Desember – Ricus Nel
Datums en tye
28 November – 31 Desember
18:30 – 22:00
18:00 – 22:00 [Kunstenaarsoptredes]
Koste
Tipe Event
Organiseerder
Telefoon (Navrae oor event)
E-pos (Navrae oor event)
Volg ons