Dis wéér tyd vir Voelgoed Media en CSN se NUWE JY-FEES – jóú dag om ja te sê vir ’n nuwe seisoen in jou lewe!
Topklas sprekers wie se werkswinkels aangebied word, is die motiveringspreker en skrywer Gretha Wiid, aktrise en slaapkonsultant Marijke Coetser, TV-program Dr Nou se estetiese dokter, Dr Riekie Smit, sielkundige Dr Catherine van Heerden, en dieetkundige Maryke Bronkhorst.
Loer in by wêreldklas handelsname se gesondheid- en fiksheidstalletjies, kom aan die beweeg met interaktiewe oefensessies.
Jy kan ook ʼn gratis proe-sessie bywoon van Splinternuwe jy se proteïen dieetskommels.
Net na sonsopkoms klap die skoot vir ons Laat dit blom-pretloop (5 km) op die lieflike Serengeti gholfbaan – sweet vir ’n goeie doel ten bate van Helpende Hand.
Werkswinkels om na uit te sien!
Hoe slaap jou gesondheid ontwrig of stig – Marijke Coetser, slaapkonsultant
Genoeg! Stop die leuens wat jou selfvertroue steel – Gretha Wiid, motiveringspreker
Oorweeg jy botoks of vullers? Hier’s die nuutste tendense! – Dr Riekie Smit, estetiese spesialis
Dissipline alleen is nie genoeg vir sukses nie – Catherine van Heerden, sielkundige
Van Ozempic tot osoon – wat werk regtig vir verslanking? – Maryke Bronkhorst, dieetkundige
En die wenner van die NUWE JY-program 2025 is … – Venessa Schoeman
Pretloop, stalletjies, oefensessies en werkswinkels
• Toegang vanaf 05:30
• Pretloop vanaf 06:30
• Stalletjies vanaf 08:00
• Oefensessies vanaf 08:00
• Werkswinkels vanaf 08:30
Met trots geborg deur CSN!
CSN – ’n gewigsverliesprogram wat vinnig resultate lewer, kliek op csnutritional.com
Datum
Tyd
Koste
Tipe Event
Organiseerder
Telefoon (Navrae oor event)
E-pos (Navrae oor event)
Volg ons