Feestelike kelkie

0
242
kersfees_poeding.jpg

Kersfees is ’n tyd vir saamwees, en wat is so lekker soos ’n etenstafel met goeie geselskap en heerlike kos. Bedien hierdie Feestelike kelkie vir jou gaste na ete.

Genoeg vir 10
Tyd: 12 minute

BESTANDDELE
100 g geglaseerde kersies, afgespoel en gehalveer
100 g vars frambose of aarbeie, gekap
80 g droë appelkose, gekap
50 g sitrusskil
50 g klaargaar vrugte-en-speserymengsel
20 mini-meringues, grof gekrummel
500 ml vars room, geklop

METODE
1. Vou al die bestanddele versigtig by die room in en skep in mooi glase.
2. Sit dadelik voor.

Resep en stilering: Lyn Woodward
Fotograaf: Graeme Wyllie
Met komplimente van Your Family