Feestelike vrugte-en-kaasbord

0
580
kaas_bord.jpg

Heerlike peuselhappies terwyl julle kuier, is nét die ding vir Kerstyd. Geniet hierdie vrugte-en-kaasbord!

Genoeg vir 8
Tyd: 15 minute

BESTANDDELE
300 g gemarineerde mini-mozzarellaballetjies of blokkies mozzarella
12 mini-bagels, gehalveer en gerooster
250 ml roomkaas
8 snye peperham (of eie keuse)
12 mini hamburgerrolletjies
handvol blaarslaai
12 klaargekoopte frikkadelle
15 skywe salami
2 trosse druiwe
1 bottel waatlemoenskilkonfyt
250 g gemarineerde geroosterde olywe
12 kersietamaties

Mozzarella-marinade
125 ml olyfolie
3 ml droë rissievlokkies
3 ml droë origanum
sout en peper na smaak

METODE
1. Vir die mozzarella-marinade: Meng al die bestanddele saam in ’n groot bak en voeg die mozzarella-balletjies by. Laat oornag marineer sodat die geure kan ontwikkel.
2. Plaas ’n skeppie roomkaas en ’n sny ham op elk van die mini-bagels.
3. Maak die mini-burgers deur blaarslaai en ’n frikkadel bo-op elke rolletjie te plaas.
4. Rangskik die salami, vrugte en olywe op die bord saam met die bagels, mini-burgers, tamaties en mozzarella.

Deur Vicki de Beer en Leila Saffarian. Bygestaan deur Margie Els-Burger en Nomvuselelo Mncube. Foto’s: Donna Lewis and Graeme Wyllie