ferm agterstewe in 2 minute

0
8

Gebruik die tyd wat jy tande borsel om hurkoefeninge (squats) te doen. Borsel jou tande twee maal per dag vir twee minute en jy het oor ’n maand twee uur se hurke ingewerk! Maak so: Stel jou elektriese tandeborsel op twee minute. Staan met jou voete heupwydte uitmekaar, tone, knieë en heupe in ’n reguit lyn. Sak stadig af vir drie sekondes, asof jy in ’n stoel wil gaan sit, tot jou boude in lyn is met jou knieë (90 grade-hoek). Hou jou maagspiere styf en plaas jou gewig op jou hakke. Kom stadig regop tot in die beginposisie, maar moenie jou knieë sluit nie. Herhaal.