fermer beenspiere in ’n maand

0
14
bend.jpg

Jy wil nie meer saam met jou kinders buite hardloop en speel nie, want jy kan darem nie verdra dat jou bobene so dril nie! Hier is die antwoord vir stywer bobeenspiere!

Dit is nooit te laat om die vorm van jou bene deur middel van die regte oefeninge te verbeter nie. Jy kan die tonus en elastisiteit van pap bobeenspiere binne so min as ’n maand of twee opknap, afhangend van hoe gereeld jy opknappingsoefeninge doen.

Doen die Plié (‘n ballet beweging)

Hou met een hand aan ’n stoel vas. Voete wyd uitmekaar. Lig jou hakke sodat jy op die kussing van jou voete staan. Draai jou tone en knieë sodat hulle na buite wys. Buig jou knieë stadig tot jou bene ’n hoek van 90 grade vorm. Maak nou weer jou bene reguit in twee tellings. Herhaal 15 – 20 keer. Na die laaste herhaling, hou jou bene gebuig. Trek jou boude saam en ontspan vir 10-15 keer. Rus en herhaal die hele oefening nog 1 of 2 keer. Doen dit 3 keer per week.

 Linda Kriel Prinsloo