Fiks en viets in die warmte van jou huis

0
6
linda kriel

Oefen in die winter. As dit jou ook sommer laat koud voel is hier raad. ’n Maklike winter oefenprogram in die gerief, en hitte, van jou eie huis.

Oefen in die winter. As dit jou ook sommer laat koud voel is hier raad. ’n Maklike winter oefenprogram in die gerief, en hitte, van jou eie huis.

Volg dié maklike oefenprogram vir ’n vinnige en effektiewe manier om vet te verbrand en spiere op te knap. Doen eers ’n kardiovaskulêre oefening, soos burpees (hieronder uiteengesit) of touspring, een minuut lank. Doen daarna enige oefening wat jou spiere opknap (kyk in vorige FINESSE-uitgawes vir idees) een minuut lank. Herhaal vir 10 tot 30 minute.

1) Stap 1: Squat en stoot jou boude uit

Staan met jou voete skouerbreedte uitmekaar. Squat en raak die vloer met jou hande. Stoot jou boude uit. Jou knieë moenie oor jou tone gaan nie, anders plaas jy druk op hulle. Maak gereed om met jou voete agtertoe te hop, soos in Figuur 2 getoon.

2) Stap 2: Hop jou voete agtertoe

Skop jou voete agtertoe sodat jou liggaam in ’n reguit lyn parallel met die vloer is. Trek jou maag in en moenie jou rug hol maak nie. Sodra jy in hierdie posisie kom, hop dadelik terug totdat jy weer in die posisie kom soos in Figuur 1 getoon.

maag_oefening_2.jpg

3) Stap 3: Spring in die lug

Kom dadelik regop en spring in die lug op. As jy gesondheidsprobleme het, staan op eerder as wat jy spring. Nadat jy gespring het, kom weer terug na die posisie soos in Figuur 1 getoon en herhaal die hele beweging. Doen dit een minuut lank sonder om tussenin te rus.

maag_oefening_3.jpg

Deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel
Facebook: Kry Daai Lyf met Linda Kriel.