FINESSE kuier saam met Radiokansel

0
214
gelukkig.jpg

Jean_Lung.jpgRadiokansel verjaar en ons gesels met Jean Lung, hulle kommunikasiebestuurder oor die dinge wat haar deur die dag bring.

5 Dinge wat my laat “tred hou”

BLOMME
Ek is ʼn enkelma met twee lieflike dogtertjies. Ons oggende begin vroeg-vroeg met ʼn geskarrel (net soos meisies kan) sodat ons genadiglik betyds kan wees vir skool en werk. Voor ek by die huis wegtrek, loer ek eers na die rose in my blomtuin – dit is letterlik ʼn kwessie van stop to smell the roses! Dit gee my sommer krag vir die dag en ʼn huppel in my stap, sodat ek die dag vasberade aanpak.

LAG, LAG EN LAG
Ek is ʼn aartsoptimis en kan in byna enige situasie humor vind. Dit is vir my baie belangrik om nou en dan te lag, want dit help ʼn mens om te fokus. ʼn Grappie hier en daar is net die regte medisyne vir ʼn besige dag.

GESELSIES SAAM MET DIE HERE
Jesus is my vriend. Ek weet ek kan in enige situasie Sy raad vra en Hy sal vir my ʼn duidelike antwoord gee, al is dit gedurende werkstye. Hy antwoord ons op die wonderlikste maniere.

ʼn ‘KERSIE OP DIE KOEK’ WERK
Ek hou daarvan om besig te wees en as kommunikasiebestuurder is daar nooit ʼn vervelige oomblik nie. Om nuut te skep en unieke planne, geleenthede en produkte te ontwikkel is die kersie op die koek. Ek sorg dat ek daagliks tyd bestee aan ʼn ‘kersie op die koek’ werk.

MY KINDERS
Die wete dat twee blinkoog dogtertjies aan die einde van my werksdag met ʼn “triljoen” vrae, baie drukkies en liefde (en natuurlik ʼn paar klagtes) op my wag, motiveer my om my take met moed aan te pak.