fokus, alles begin in jou kop

0
12
gewig.jpg

Hoeveel keer het jy al gehoor, “jy is jou grootste struikelblok”? Met die regte houding kan jy enigiets regkry. Alles begin by jou fokus!

Alles in die lewe begin by ’n besluit. Ongelukkig sukkel ons baie keer om hierdie keuse in aksie om te skakel. In my lewe het ek al geleer; om dinge reg te kry, moet jy by jou kop begin. Dit is amper soos ’n skakelaar wat aangeskakel moet word. Jy moet die regte ingesteldheid en fokus hê. Of dit oefen is of gesond eet, Kilimandjaro klim of vir iemand lief wees, jou kop moet reg wees. Jy moet eintlik soos ’n donkie aan ’n meul word, hy kyk nie links of regs nie.

Hy kyk net na die volgende tree wat hy moet gee en hou aan om vorentoe te beweeg, al in die rondte. Ek het ’n storie gekyk waarin ’n donkie so in die rondte gestap het. Later wys hulle dat hy eintlik nie eers vasgemaak is nie. Tog het hy nog steeds net vorentoe beweeg sonder om te kyk of daar ’n uitweg is! Dít is die tipe fokus en ingesteldheid wat ons nodig het, dan sal alles moontlik wees.