Fop- tropiese brûlée

0
104
brulee.jpg

Nagereg wat jou nie vet maak nie? Regtig? Geniet hierdie Brûlée sonder dat jou gewete jou pla.

Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
1 liter vetvrye Bulgaarse jogurt
1 kg vars of ingemaakte tropiese vrugte (soos pynappel, mango, grenadella, papaja of piesang)
125 ml water
500 ml strooisuiker
handvol kruisementblare

METODE
1 Giet die jogurt in ’n 25 cm-opdienskottel en skep die vrugte bo-op.
2 Verhit die water en strooisuiker oor matige hitte en laat kook vir ongeveer 10-15 minute tot ’n goudkleurige karamel vorm. Giet oor die vrugte en laat vir ’n paar minute staan sodat die karamel kan verhard.
3 Sprinkel kruisement oor en sit voor.

Deur Marie Els-Burger. Foto: Roelene Prinsloo