Fopnuus

2055
brian.jpg

Brian Habana het gister in die sosiale media aangekondig dat hy leef en dat die berig dat hy in Frankryk vermoor is, nie die waarheid is nie.

Brian Habana het gister in die sosiale media aangekondig dat hy leef en dat die berig dat hy in Frankryk vermoor is, nie die waarheid is nie.

Die afgelope tyd was daar talle vals nuusberigte oor verskeie sake. Net die vorige dag is die ANN7 deur die ANC  van vals beriggewing beskuldig. Hierdie soort vals beriggewing staan as fopnuus bekend. Mense verwys ook na alternatiewe waarheid. Hoe weet ʼn mens wat is eg en wat is oneg? Ek het al gesien hoe iemand in my teenwoordigheid iemand anders  beskinder, maar wanneer daardie persoon self teenwoordig is, is die skinderbek so vriendelikheid met daardie persoon. Dit is dus ook maar net fopvriendelikheid. ʼn Mens kandeesdae ook nie waag om klere of ander goedere met ʼn bekende handelsnaam langs die straat te koop nie. Dit is dikwels ook onegte produkte, oftewel fopprodukte. So word dit regtig daagliks ʼn uitdaging in die lewe om te weet wat is eg en wat is vals.

Psalm 12:7 sê
Daar is niks vals in wat die Here sê nie.
Sy woorde is soos silwer
wat oor en oor in ’n oond gesuiwer is.

Op God kan ons reken. Sy Woord is eg!

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.