Foutlose onderlaag

0
36
onderlaag.jpg

Waar begin jy om die regte ding te doen vir ’n foutlose gelaat? Onderlaag is die antwoord.

Waar begin jy om die regte ding te doen vir ’n foutlose gelaat? Onderlaag is die antwoord.

Kies die regte skakering

Die belangrikste is om ’n professionele mening te kry. Jy kan nie net by die winkel instap, ’n onderlaag vat en verwag dit gaan fantasties lyk nie. Jou velkleur, ouderdom en veltipe moet in ag geneem word voordat jy ’n skakering kies.

Neem ’n skoon wattestokkie of ’n onderlaagkwas en wend ’n paar hale op jou kakebeen aan. Maak seker dat die onderlaag by die natuurlike velkleur van jou gesig én jou nek pas. Gebruik ’n sponsie om die oormaat onderlaag af te vee. Jou vel moet net gladder lyk. Dit moet nie lyk of jy onderlaag aanhet nie.

Jy moet jou veltipe ken wanneer jy onderlaag kies omdat ’n olierige vel ’n mat produk moet gebruik. ’n Droër vel het weer ’n bevogtigende onderlaag nodig.

’n Goeie skoonheidshuis sal ook vir jou monstertjies van verskillende kleure kan gee. Jy kan dan die skakerings tuis uittoets, voordat jy koop.

Onderlaag moet glad wees

Sigbare onderlaag wat onegalig aangewend is, lyk tog nie goed nie. ’n Grondlaag (primer) sal verhoed dat jou onderlaag in jou gesigsvoutjies gaan lê. Dit vorm ’n laag wat jou vel “gelyk” maak sodat jou onderlaag mooier lyk en langer aanbly.

Die korrekte aanwending is verder die sleutel om te keer dat jou onderlaag in jou plooie ingaan. Neem jou onderlaagkwas en gebruik afwaartse hale. Gebruik nou ’n sponsie om die oortollige produk af te vee – ook met afwaartse bewegings. Dit sal jou ’n natuurlike voorkoms gee. Moet nooit jou onderlaag in sirkelbewegings aanwend nie. Sirkelbewegings is slegs goed vir reiniging omdat dit die porieë oopmaak. As jy onderlaag in sirkels aanwend, sal dit in jou porieë beland en swartkoppies of puisies veroorsaak.

Wend laastens gesigpoeier aan, wat jou gelaat langer glad sal laat lyk en jou ’n pragtige glans sal gee.

Watter tipe onderlaag?

Mat onderlaag is die beste vir bedekking. Dis veral geskik vir olierige velle en nie vir ouer velle nie. Dit blink nie en word gewoonlik vir fotosessies gebruik om ’n sagte, foutlose voorkoms te verseker. Onthou dat enige mat onderlaag jou fyn lyntjies en plooie gaan beklemtoon. As jy ouer as 45 is, het jy ’n produk nodig wat ryker is en jou ’n vars voorkoms sal gee.

’n Semi-mat onderlaag is geskik vir volwasse velle. Dit staan ook bekend as ’n bevogtigende onderlaag en is vir elke dag se gebruik op ’n droë of kombinasievel. Die semi-mat voorkoms word verkry wanneer jou vel nie olierig is nie, maar steeds ’n gesonde gloed het.

Luminising onderlaag gee jou daardie stralende gelaat. Dis perfek om daagliks te gebruik, maar nie vir wanneer jy uitgaan of foto’s neem nie. Die bedekking is gewoonlik nie goed genoeg nie en jy sal die glans op die foto’s sien.

 

DEEL
Vorige artikelDie Kaapse wind
Volgende artikel68. Reg koop is reg eet
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.