Frans Cronjé se onvergeetlike oomblik

0
73
Frans_Cronje.jpg

Een van Frans se onvergeetlike oomblikke is toe hy Duitsland toe was. Hier is ’n pragtige video wat hy op sy iPhone gemaak het.

Ek het hierdie kort video opgeneem en selfs geredigeer op my iPhone 6, terwyl ek in Marienberg in Duitsland was. Hierdie reis was een van die onvergeetlikste oomblikke van my lewe – omdat ons dit nooit só sien sneeu hier waar ek woon nie. ’Danke schon’ aan die span in Marienberg vir ʼn awesome week. Vergewe asseblief my slegte Duitse spelling.

Frans verskyn Augustus vanjaar as die hoofrol van die Christelike aksiefliek, Khumbula – I will remember, wat versprei word deur CrossKine. Kyk net hoe Frans sy lyf Indiana Jones hou:

Om meer uit te vind oor Frans se passie vir die Here en film-maak, besoek sy webwerf, www.franscronje.tv (en maak ook seker jy lees sy blog).