#EkwilEkkaneksal 202#EkwilEkkanEksal 2026, met die tema “Wat maak volgende saak?”, is ’n motiveringsgeleentheid wat jou inspireer om ’n visie vir jou persoonlike en professionele lewe te ontgin, jou passie aan te steek, en jou drome en doelwitte met selfvertroue na te jaag!
As jy op een of meer van hierdie vrae antwoorde soek, is die #EkwilEkkanEksal-konferensie vir jou!
Wat sou jy nastreef as jy nie bang was vir mislukking nie?
Gee jy aandag aan wat saak maak, of wat dringend voel?
As jy elke aand gaan slaap, voel jy gelukkig en vervuld?
Wat is sukses vir jou, en leef jy volgens daardie definisie?
WÊRELDKLAS-SPREKERS, LEWENSAFRIGTERS EN MENTORS!
Laat wêreldklas-sprekers, lewensafrigters en mentors soos Lynette Beer, Gustav Gous en Jannie Putter jou help om jou doel te kan leef én die wêreld met jou gawes en talente te verryk.
Konferensie

Media-persoonlikheid en motiveringspreker

Verhoudingskenner, spreker en skrywer

Internasionale spreker en leierskapafrigter

Sosiale media-beïnvloeder en motiveringspreker
DIE MOTIVERINGSGELEENTHEID VAN DIE JAAR!
Jy kan uitsien na relevante en inspirerende temas wat jou aan die dink sit, en waardevolle, praktiese antwoorde bied op die belangrike vraag: Wat maak volgende saak?
Ontdek jou sterkste vaardighede, stel doelwitte wat jou inspireer en neem stap-vir-stap aksie om dit te verbeter.
Berei jou voor vir die toekoms deur doeltreffende kommunikasie, digitale geletterdheid en kreatiewe probleemoplossing te bemeester.
Leer hoe om stres te hanteer, emosies te beheer, na ’n terugslag te herstel en om standvastig te bly wanneer dinge moeilik raak.
Ontwikkel goeie leierskapsgewoontes om effektief by verandering aan te pas en jou persoonlike en besigheidsgroei te versterk.
Ontdek hoe om God se finansiële beginsels toe te pas vir volhoubare persoonlike en besigheidssukses.
Bepaal jou belangrikste waardes in lyn met jou geloof en integreer dit doelbewus vir ’n betekenisvolle lewe.
Skep jou eie plan met doelwitte, tydlyne en mylpale, en neem gefokusde aksies op wat régtig volgende saak maak.
Bou ’n volhoubare groeidenkwyse gegrond in geloof, en leer om jouself uit te daag terwyl jy in God se vrede en krag bly.
SPREKERS SE OUDIO-OPNAMES BESKIKBAAR!
Indien jy nie die konferensie kan bywoon nie, kan jy steeds toegang tot die oudio-opnames kry om dit later in jou eie tyd te luister!
AFSONDERLIKE WERKSWINKELS MET BEPERKTE SITPLEKKE!
Afsonderlike werkswinkels, spesifiek ontwerp vir entrepreneurs, bestuurspanne, ’n klein onderneming, organisasie, skool of selfs ’n afdeling van ’n besigheid.

Lokaal 1 – 08:00-11:30
Kry die lewe wat jy graag wil hê!
Herontwerp jou lewe met ’n doelgerigte plan vir jou werk én persoonlike lewe. Omskep jou doelwitte in aksieplanne, verbeter produktiwiteit in die werkplek én leef ’n vervulde lewe.
Gustav Gous
Internasionale spreker, leierskapafrigter en korporatiewe konsultant

Lokaal 1 – 12:00-15:30
Verstaan die mense saam met wie jy werk
Of jy ’n bestuurder, toesighouer, spanleier of medewerker is – om jou (en jou spanlede) se sterk- en swakpunte én manier van werk te verstaan, is belangrik om ’n suksesvolle onderneming of organisasie te wees!
Lynette Beer
Verhoudingskenner en skepper van Vierkleur Temperament Model
Datum
Tyd
Koste
Tipe Event
Organiseerder
Telefoon (Navrae oor event)
E-pos (Navrae oor event)
Volg ons