Ganseier-frittata met eksotiese sampioene

641
frittata.jpg

Lewer 4-6 porsies

Lewer 4-6 porsies

BESTANDDELE

• 250 g verskillende sampioene
• 100 g botter
• 2 takkies vars tiemie
• 5 ml gerookte paprika
• 3 ganseiers
• 2 ml sout
• 2 ml witpeper
• 125 ml vars room
• 125 ml grofgerasperde parmesaankaas

METODE

1 Stel die oond op 180 °C.
2 Vee die sampioene met papierhanddoek skoon en sny van die groter sampioene soos die portobello’s en shiitake in kleiner stukke.
3 Verhit die botter in ’n pan en voeg die tiemie en gerookte paprika by. Braai die sampioene tot hulle goudbruin is.
4 Breek die eiers in ’n groot mengbak en klits met ’n vurk. Voeg die sout, witpeper en room by en meng goed.
5 Giet nou die eierroommengsel by die sampioene en maak seker dat die sampioene egalig oor die frittata versprei is.
6 Sit die frittata in die oond en bak vir sowat 10 minute of tot dit gaar is met ’n effense drillerigheid in die middel.
7 Strooi die kaas oor en sit voor met geroosterde ciabatta.

 

Resep is saamgestel uit Maklike maaltye uit Nina se kombuis deur Nina Timm, uitgegee deur Penguin House South Africa.