Garnaal-en-avokadoslaai

0
309
prawn_avo_slaai.jpg

As garnale jou gunsteling seekos is, en avokado die lekkerste vrug, is daar vir jou geen beter keuse as hierdie Garnaal-en-avokadoslaai nie. Bedien as bykos, of geniet sommer op sy eie.

Genoeg vir 6
Tyd: 10 minute

BESTANDDELE
45 ml soet rissiesous
skil en sap van een lemmetjie
300 g garnale, skoon- en gaargemaak
1 wortel, geskil
1 komkommer
1 sprietui, fyngekap
1 rooi-ui, in dun skyfies gesny
1 avokado, in skyfies gesny
handvol vars koljander, gekap
100 g kasjoeneute, liggies gerooster en gekap
sojasous, vir opdiening

METODE
1 Meng die soet rissiesous, lemmetjieskil en -sap en garnale saam. Hou eenkant.
2 Sny die wortels en komkommer in repies met ’n groenteskiller. Meng die ui, avokado en koljander deur die repies, saam met die garnale en neute.
3 Sit voor met sojasous.

Bronne:
Artikel: Margie Els-Burger
Fotograaf: Lee Malan, bykomstighede Fuller Décor in Stellenbosch, 021 880 0331
Met komplimente van Your Family