Gebak met poedingperskes en bloubessies

361

15 min. + baktyd 25-30 min.
1 groot gebak

BESTANDDELE

6 poedingperskes
400 g bloubessies
vars tiemie en bloubessies vir garnering
Vir die kors en krummellaag
250 g amandelmeel
2 e rou heuning
1 e water
1 t sout
1 t vanieljegeursel
¼ t fyn kaneel

METODE

1 Stel die oond op 180 °C.
2 Meng al die krummelbestanddele saam in ’n bak totdat dit ’n klam krummel vorm.
3 Berei ’n tertpan voor met kleefsproei.
4 Gebruik helfte van die krummels om ’n kors te vorm deur dit ferm plat te druk op die bodem van die tertpan.
5 Hou die ander helfte vir die krummellaag bo-op.
6 Sny die poedingperskes in skywe en rangskik in die tertpan.
7 Neem die bloubessies in jou hande en druk effens stukkend voordat dit op die perskeskywe gerangskik word. Doen dit om te verseker dat die bessiesap deur die tertkors geabsorbeer word.
8 Rond af deur die res van die krummels bo-oor te sprinkel.
9 Bak vir 25 tot 30 minute.
10 Laat effens afkoel.
11 Garneer met vars tiemie en bloubessies voor opdiening.
12 Sit warm voor.