Gebakte karamelkaaskoek

0
443
karamel_kaaskoek.png

Hierdie dekadente sjokolade resepte is presies wat jy nodig het om jou manlief oor Valentynsdag te bederf. Hy gaan beslis uit jou hand uit eet …

Genoeg vir 8
Tyd: Ongeveer 2 ure + afkoeltyd

BESTANDDELE:

300 g Nuttikrust-koekies
125 g botter, gesmelt + ekstra
3 x 250 g houers roomkaas, teen kamertemperatuur
310 ml suurroom
125 ml strooisuiker
3 eiers
360 g Nestlè Caramel Treat

METODE:

  1. Blits die koekies in ’n voedselverwerker tot fyngemaal. Gooi die botter by en meng goed.
  2. Smeer ’n 24cm-losboompan met gesmelte botter. Druk die koekiemengsel deeglik onderin, en 5cm teen die kante van die pan, vas. Plaas vir 30 minute in die yskas tot ferm. Voorverhit die oond tot 160°C.
  3. Meng die roomkaas, suurroom en suiker in ’n voedselverwerker tot glad. Gooi die eiers by en meng tot goed gekombineer. Giet oor die koekiebasis. Bak vir sowat 1 uur en 10 minute, of totdat die kante effens ferm maar die middel sag is. Skakel die oond af. Laat die kaaskoek vir 2 ure in die oond, met die deur effens oop, staan.
  4. Skep die karamel bo-oor en plaas vir 4 ure – of oornag – in die yskas om af te koel.

Met komplimente van Food & Home Entertainment en Your Family