Gebakte ryspoeding

0
83
rys_poeding_resep.jpg

Na enige warm wintersete is ’n goeie poeding ’n moet! Sluit jou maaltyd af met hierdie gebakte ryspoeding.

Genoeg vir 4
Tyd: 45 minute

 
BESTANDDELE
500 ml melk
310 ml room
110 g Arborio-rys (risotto)
60 ml strooisuiker
2 kaneelstokkies
1 steranys
2 eiergele, geklits
knypie sout
knypie fyn neut

METODE
1 Verhit die oond tot 160°C. Smeer ’n 1 liter oondbak. Verhit die melk, room, rys, suiker en speserye oor matige hitte tot dit begin prut, ongeveer 5 minute. Laat eenkant staan sodat die geure kan ontwikkel. Syg deur en meng die eiergele en sout in. Giet in die voorbereide bak.
2 Sprinkel neut oor en bak terwyl jy van tyd tot tyd roer, vir ongeveer 1 uur tot die rys sag en die vla gestol is. Laat eenkant staan vir 10 minute voor opdiening.