Eg is Mooi-spogtee

    0
    37
    September 2, 2017 5:11 nm Monte de Dios in Pretoria

    SATERDAG 16 SEPTEMBER – MONTE DE DIOS, PRETORIA

    Die Eg is Mooi-spogtee is ’n glansoggend waar jy saam met ons inspirasie-vroue kan vier – dié vroue wat hulle nie deur ’n gebrek laat onderkry nie en bewonder word vir wie hulle is.

    Dié geleentheid vind plaas op Saterdag 16 September by Monte de Dios in Pretoria. Daar is ook ’n fondsinsameling ten bate van liefdadigheid.

    As gas by hierdie spoggeleentheid kry jy die kans om bekende vroue te ontmoet. Jana, Martelize en Wilma deel hulle stories met die gaste en word saam met ander vroue vereer vir hulle inspirasie.

    Mathys Roets sorg vir vermaak terwyl vroue heerlik om teepotte kuier en aan Deeghuys se fynproewerkoeke smul. Die BRAVO!-kykNET program kuier ook saam!

    Theunis Nel tree as seremoniemeester op.

    Kliek hier vir RSG se potgooi wat meer vertel oor die funksie.

    Kaartjies vir die Eg is Mooi-spogtee kos R375 p.p. Die eerste 100 besprekings kry Hannon se boek, Maklik Mooi gratis.

    Elke vrou kry ook ‘n Finesse geskenkpak en ‘n GRATIS geskenkpak van Placécol ter waarde van R1 055!

    Ticket Type Price Cart
    Staan1 R80.00 R50.00

    Plaas in mandjie

    Tafe1 R200.00 R150.00

    Plaas in mandjie