Gedenkdiens vir 18 leerlinge

Daar word vandag ‘n gedenkdiens vir die 18 leerlinge gehou wat verlede week in ‘n ongeluk gesterf het.

Daar word vandag ‘n gedenkdiens vir die 18 leerlinge gehou wat verlede week in ‘n ongeluk gesterf het.

Hierdie hartseer nuus oorskadu vandag enige ander nuus. Kom ons dink vandag aan die ouers en grootouers en familie en vriende en mede-leerders van hierdie 18 leerlinge. Ek het juis in ‘n berig gelees dat een ouerpaar drie kinders in hierdie ongeluk verloor het. Ek kan aan geen groter smart dink as dit nie. 

Ons kan weet dat Christus by ons is in ons hartseer. Sy Naam is mos nie verniet Immanuel nie! Johannes 11:33 sal altyd vir my aangrypend bly. Ons lees daar: Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan.  Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.” Jesus het gehuil.

My bede is dat die naasbestaandes van hierdie kinders vandag God se teenwoordigheid en troos in hul hartseer sal beleef!

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.