Geen bitterheid

0
18
bitter

Thembekile Molaudzi is Vrydag na elf jaar in ‘n tronk in Pretoria,  vrygelaat.  Hy is vrygelaat omdat die hof nou bevind het dat Molaudzi inderdaad onskuldig was.

Thembekile Molaudzi is Vrydag na elf jaar in ‘n tronk in Pretoria,  vrygelaat.  Hy is vrygelaat omdat die hof nou bevind het dat Molaudzi inderdaad onskuldig was.

In die 11 jaar wat hy in die tronk was, het hy alles in sy vermoë gedoen om sy onskuld te bewys. Hy het nou eers daarin geslaag. Hy is destyds gevang nadat ʼn polisiebeampte in ʼn mislukte kaping vermoor is. Sy vingerafdrukke is nooit op die toneel gevind nie, en die vermoorde se dogter het hom ook nie destyds by die uitkenningsparade uitgewys nie. Tog is hy skuldig bevind bloot omrede een van die ander beskuldigdes gesê het dat hy ook gehelp het.  Molaudzi sê dat hy sukkel om aan te pas omdat alles so verander het in die tyd dat hy in die tronk was. Maar die skrywer van die berig sê dat Molaudzi geen bitterheid het nie. En dit is hoekom ek van hierdie geval vertel.

Daar is so baie mense wat met bitterheid rondloop. Mense is bitter oor wat die kerk of ʼn dominee aan hulle gedoen het. Mense is bitter oor wat ʼn onderwyser of ʼn ouer aan hulle gedoen het. Mense is bitter oor wat ʼn werkgewer of ʼn kollega aan hulle gedoen het. Ek sê nie dit is niks om benadeel te word nie. Ek sê net dat bitterheid groter skade aan ʼn mens doen as wat die kerk of die dominee of die onderwyser of die ouer of die werkgewer of die kollega kan doen.

Paulus sê in Efesiërs 4:31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.”