Geen verskil tussen man en vrou nie

0
35
1.jpg

Ek en Lottie is tans in Buenos Aires. Vanoggend sien ek  ʼn koerant in die sitkamer van die hotel met ʼn artikel oor hoe daar tans probeer word om wêreldwyd die onderskeid tussen die hantering van man en vrou uit die weg te ruim.

Klere word vir die verskillende geslagte lyk presies dieselfde, blou is nie meer vir seuns en pienk is nie meer vir dogters nie, en dit word al hoe meer gewild om een badkamer by openbare plekke vir beide geslagte te hê. Die artikel stel ook voor dat wanneer ʼn middel vir vroue met vaginale probleme adverteer word, dieselfde advertensie ook iets vir manne met prostaatprobleme moet adverteer. Die karakters in die advertensie moet beide mans en vroue bevat, en die produk wat adverteer word, moet omtrent dieselfde bewoording vir die man en vrou hê.

Paulus sê wel Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één (Gal 3:28), maar hy bedoel nie dit wat hierdie koerantartikel suggereer nie. Paulus wil net sê dat ons geen bydrae kan maak tot ons redding op grond van wie of wat ons is nie. Voor God is ons almal gelyk, en ons almal benodig redding. God gee nie spesiale voorkeur aan sekere mense nie. By Hom is ons almal ewe belangrik!