Gekonfijte biltong (Biltong in marinade)

78

5 min. + gaarmaak 15-20 min.
4-6 mense

BESTANDDELE

300 g ekstra maer, klam biltong
Vir die marinade
2 e karamelgeursel
3 e olyfolie
3 e rou heuning
2 e water
1 t woestynsout
½ t kaneel
¼ t rooipeper
100 g gekapte pekanneute
2 e amandelmeel, opgehoop

METODE

1. Stel die oond op 200 °C. Berei ’n bakplaat met bakpapier voor.
2. In ’n mediumgroot mengbak, meng die marinade totdat die heuning in die olyfolie opgelos het en voeg dan die biltong by.
3. Meng goed totdat al die biltong bedek is.
4. Plaas die biltong op die bakplaat en sprinkel amandelmeel oor.
5. Bak vir 15 minute tot bros en bruin.
6. Laat effens afkoel voor opdiening.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.