Gekruide lamskenkel

0
80
lam_skenkel_resep.jpg

’n Lams-gereg kan darem nie oortref word nie! Maak jou gesin warm met hierdie Gekruide lamskenkel.

Genoeg vir 6
Tyd: ongeveer 4 uur

BESTANDDELE
80 ml olyfolie
6 middelslag lamskenkels
sout en fyn peper
4 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
5 ml fyn gemengde speserye
95 ml bruinsuiker
45 g bruin-uiesop
750 ml droë rooiwyn
3 kaneelstokkies
300 g worteltjies, geskil
1 kg jong aartappels, ongeskil
2 roosmaryntakkies
koeskoes of pêrelgort vir opdiening

METODE
1. Stel die oond op 160°C.
2. Verhit die olie in ’n groot kastrol. Vryf die lamskenkels deeglik in met die sout en peper en braai ongeveer 5 minute tot bruin.
3. Voeg die uie en knoffel by en soteer vir 5 minute tot sag. Haal uit die kastrol en plaas in ’n roosterpan met ’n deksel.
4. Meng die speserye, suiker en bruin-uiesop met van die rooiwyn om ’n gladde pasta te vorm. Meng dan die res van die wyn by. Giet die mengsel oor die skenkels en plaas die kaneelstokkies in die bak. Geur en rooster vir 1½ uur.
5. Draai die skenkels om en voeg die wortels, aartappels en roosmaryn by. Rooster vir nog 2 uur totdat die vleis van die been afval en die groente gaar is. Sit voor saam met koeskoes of pêrelgort.

Resep met die komplimente van Food & Home Entertaining en Your Family