Gekrummelde oondgeroosterde calamari

10 min. + gaarmaak 20 min.
4-5 mense

BESTANDDELE

400-500 g calamari van keuse
2-3 e rou heuning
2 eiers, geklits
Vir die krummels
60 g amandelmeel
1 t knoffelvlokkies
1 t uiepoeier
1 t woestyn- of pienk sout
1 t droë basiliekruid
2 t droë pietersielie
1 t gerasperde suurlemoenskil
¼ t growwe swartpeper
1 e olyfolie

METODE

1 Stel die oond op 180 °C. Berei ’n oondpan met kleefsproei voor.
2 Meng intussen die krummels.
3 Druk die calamari met ’n vadoek droog en bedruip met heuning.
4 Druk dan in die krummels en dompel in die geklitste eier, dan terug in die krummels en dan na die oondpan.
5 Plaas al die calamari op die oondpan en bak vir 10 minute.
6 Verwyder en bedruip met olyfolie.
7 Verstel die oond na “rooster”, en plaas dan calamari terug in oond vir ’n verdere 10 minute.

Rond af met vars kruie en ’n suurlemoenskyfie vir opdiening.

Izelle HoffmanIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.